CopyRight
2009-2012
VERGADERINGS / MEETINGS
Die klub vergader elke derde Woensdag van die maand 19:00 by die POMC-klubhuis, Keuningstraat,  uit Watermeyerstraat, Silverton, Pretoria.  The Club meets every third Wednesday of the month at 19:00 at the POMC Clubhouse, Keuning Street, off Watermeyer Street, Silverton, Pretoria.

VRYWARING / DISCLAIMER
Die opinies wat in hierdie nuusbrief verskyn is nie noodwendig die van die klub nie.  Die klub aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid van tegniese data of prosedures wat gepubliseer word nie.
The opinions expressed in this newsletter are not necessarily those of the club. The club accepts no responsibility for the correctnes of technical date/procedures which may be published.
Hello Alfiste!

Die jaar het met n spoed weggetrek ....... kan nie glo waar trek ons al nie.  Ek moet sê die komitee het alles onder beheer en ons sien uit na ‘n goeie jaar.

As daar lede is wat voorstelle het, kom praat met ons, dit kan die klub help...... onthou dis elke lid se reg om gelukkig te wees.

Dan wil ek net vir Dolf sterkte toewens en ‘n vinnige herstel....... ek het vanmiddag met Elsie gepraat en sy sê die ou rakker was na die operasie by en het geweet wie by hom is.

So ook Albie Bloem sterkte en wens jou ook ‘n spoedige herstel toe die boere is mos nie sissies nie.

Ek wil vra een Woensdagaand ‘n maand .......kom kuier saam met ons by die klub, kom ontspan en geniet die Aand.

So ook wil ons vra vul nuwe vorms in en betaal lede geldjie asb.

Ek verstaan ons EVENTS manne is vol verrassings...... ons wag,  onthou ondersteun asb..... julle kry punte as julle bywoon en deelneem.

As daar iets is wat julle wil bestel by regalia vra vir Jacobus hy sal julle kan help maar onthou ons kan nie goed bestel en dan daarmee sit nie.

Die ledesake was altyd ‘n kopseer maar Salomé .......jy doen fantastiese werk . ‘Alet, dankie vir jou harde werk......... asb ‘Alet het altyd stories en/of artikels ens nodig vir die nuusbrief.

Dankie vir een en almal ARCOP is ’n GREAT klub!

Hierdie maand moet julle nie vergeet......... die 14de moet julle die dames bederf. (vaaltyndag!)
Groete

Philip



Map
Click to enlarge map
Januarie 2012

                                 Become a Member of ARCOP
Download and complete the following files and hand it at a meeting
2012 - ARCOP Membership Form
2012 - Constitution of the Alfa Romeo Club of Pretoria
2012 - Indemnity, Declaration and Undertaking

N Woord van die Voorsitter
Februarie 2012